The Song of Young South Africa - Die Lied van Jong Suid Afrika
The Song of Young South Africa - Die Lied van Jong Suid Afrika
En hoor jy die magtige dreuining
Oor die veld kom dit wyd gesweef
Die lied van ‘n volk se ontwaking
Wat harte laat sidder en beef
Van Kaapland tot bo in die Noorde
Ruis dawwerend luid die akkoorde
Dit is die lied van jong Suid-Afrika
Dit is die lied van jong Suid-Afrika
Dit is die lied van jong Suid-Afrika
Die golwende veld is ons woning
En ons dak is die hemelblou
Die vryheid alleen is ons koning
Sy wagwoord is handhaaf en bou
Die stryd wat ons vaders begin het
Sal woed tot ons sterf of oorwin het
Dit is die eed van jong Suid-Afrika
Dit is die eed van jong Suid-Afrika
Dit is die eed van jong Suid-Afrika
Comments
Post a Comment